FABELS

 

Taal:                        Afrikaans Huistaal 

 

Tema:

Die oorvertelling van ’n fabel

Tekste:

Die leeu en die muis

(Jerry Pinkney)

Taalvaardighede:

Lees en kyk

Geïntegreerde taal in konteks:

Direkte en indirekte rede

 

Denkproses oor lesaanbieding:

Die fokus van hierdie les is om die fabel aan graad 9 leerders binne ’n multikulturele konteks aan te bied.

Die les gaan ook die verstaan van die spanningslyn, fokalisering, konflik en die ontsluiting van ’n tema insluit. ‘n Oorvertelling van die fabel gaan gedoen word. Daar gaan gefokus word op direkte en indirekte rede.

 

 

Onderrigbenaderings gevolg [Nie vir assessering nie]:

’n Geïntegreerde benadering tot onderrig word toegepas: ten spyte van die hoof fokus op lees en kyk is daar ook gebruik gemaak van luister en praat in groepsverband, skryf en aanbied in die opdrag en dan word daar met betrekking tot taalstrukture spesifiek na die direkte en indirekte rede gekyk. Die les is dan ook teksgebaseerd en ’n prosesbenadering word gevolg.

Lesuitkomste:

Aan die einde van die les behoort die leerder:

– fabels vanuit verskillende kulturele agtergronde te identifiseer.

– hulle moet in staat wees om die lewensles wat in die fabel voorkom te kan  
 identifiseer.

– hulle moet hulle eie opinie oor die gebeure in die fabel kan vorm.

– hulle moet van vluglees, soeklees en aandagtige lees gebruik kan maak.

– hulle moet oordrywing kan identifiseer.

 

 

 

1. Inleidingsmoment en konteksskepping:

 

 

Hulpmiddel(s)

Pre-aktiwiteite:

 

Onderwyser: Vir die pre-aktiwiteit word ’n YouTube-video (https://www.youtu.be/iPybpc-xuG0) vir die leerders geyws van die fabel “die leeu en die muis”, maar die klank is afgeskakel en leerders moet in groepe self bepaal waaroor die fabel gaan.

Die onderwyser kry terugvoer van die groepe en gee dan ’n vinnige opsomming waaroor die fabel rerig gaan.

Woorde wat in die fabel voorkom wat meeste kinders nie gaan verstaan nie, word verduidelik.

YouTube-video

Handboek

Leerder: In groepsverband moet leerders na ’n video van die fabel kyk en probeer bepaal waaroor dit gaan en die groepe moet dan vir die klas vertel waaroor hulle dink die fabel gaan.

Die leerders luister na die onderwyser se klas aanbieding.

YouTube-video

 

2. Onderrigleermoment:

Hulpmiddel(s)

Aktiwiteite tydens onderrigleermoment:

 

Onderwyser: Die onderwyser vertel vir die leerders wat die eienskappe van ‘n fabel behels, sodat hulle dit beter kan verstaan en uitken.

Die teks word aan die leerders voorgelees. Voorbeelde van direkte en indirekte rede wat in die teks is,word ook met die leerders behandel.

Die onderwysers gee daarna tyd vir die groepgesprekke.

Teks: “Die leeu en die muis”

Leerder: Die leerders luister na die voorlesing van die fabel en die verduideliking van die onderwyser. Hulle moet die teks een keer self deurlees. Daarna moet hulle in gelyke groepe verdeel en individueel die fabel kortliks oorvertel. Hierdeur kry leerders dan ook insig omtrent wat fokalisering behels.

Teks: “Die leeu en die muis”

 

3. Konsolidasie en assesseringsmoment:

 

Hulpmiddel(s)

Onderwyser: Die onderwyser vra aan die leerders om per groep die tema van die fabel te bepaal en die les wat hulle uit die fabel kon leer. Die onderwyser fasiliteer hierdie gesprekke in die groepe.

Aan die einde van die les word die assessering vir huiswerk gegee.

 

Leerder: Die leerders bespreek die tema in groepe en lewer dan terugvoer aan die klas.

Leerders moet vir huiswerk die lewensles van die fabel in ‘n kort opstel bespreek en sê hoe dit van toepassing is op hul lewe.

 

Vir ’n volgende les moet leerders ’n fabel vanuit verskillende kulturele agtergronde soek wat ’n soortgelyke tema het.

 

 

Die teks van “Die leeu en die muis”

Wat word geassesseer?

Die verstaan van die fabel se intrige sowel as die gebruik van indirekte rede word geassesseer.

 

Wie assesseer?

Die onderwyser doen die assessering.

 

Hoe word geassesseer?

Die dagboekinskrywing word met behulp van ’n assesseringsrubriek geassesseer.

 

Assesserings

rubriek

 

 

4. Selfrefleksie oor les:

Ek glo die leerders het ‘n regverdige kans gehad om hulle opinie te lewer. Die groepwerk het goed gewerk. Daar was genoeg tyd vir interaksie.

Ek sal volgende keer meer navorsing doen oor die spesifieke fabel, sodat ek vir die leerders ‘n weier en meer interessante agtergrond kan gee, sodat ek hulle belangstelling kan prikkel.

Ek sal ook in die toekoms meer gebruik maak van verskillende leestegnieke om die leerders se aandag te behou.

Omdat dit ‘n geȉntegreerde benadering is, sal ‘n dubbelperiode meer effektief wees.

 

Voordele van Multi Media :

1.Dit stel die geleentheid om voorkennis bekend te stel
2.Leerders raak aktief betrokke by die les
3.Leerders funksioneer as ontwerpers deur gebruik te maak van gereedskap om die wêreld te ontleed
4.Leerders kry toegang tot die interpretasie van inligting, organisering van persoonlike kennis en stel eie kennis bekend aan ander
5.Multimedia betrek student (retensie)
6.Bemagtig student om te skep en ontwerp eerder as om net te absorbeer wat ander deurgee
Moedig diep reflektiewe denke deur motivering

Nadele van MultiMedia:

Dit kan leerders se aandag aftrek van die oorspronklike werk
Leerders kan multi media negatief gebruik in die klaskamer
Multi media is duur
Dit vereis vaardighede om suksesvol te bedryf.

Doel van multi media
Multimedia is daar om kinders se visuele geheue te stimuleer.
Dus kan mens klank, video en foto’s gebruik om leerders te stimuleer:
Klank: Leerders gee aandag en luister aandagtig.
Video: Leerders gee aandag aan die video en dan gebruik hulle, hul visuele geletterdheid om die beelde te onthou.
Foto’s: Leerders gee ook aandag aan die foto’s wat gewys word en dus gebruik hulle ookhul visuele geletterdheid om  die beelde te onthou.

 

Web 2.0 is die tweede generasie van die wêreld wye web. Die webtuistes kan met die besoeker kommunikeer, en die besoeker kan weer terug kommunikeer op die webtuiste. Mense kan dus inligting aanlyn deel. Web 2.0 word ook veral gekenmerk deur die verandering van statiese media. webbladsye tot dinamiese of gebruikersgegenereerde inhoud en die groei van sosiale. Web 2.0 word gebruik in hierdie les sodat leerders makliker inligting kan versamel en weer kan reageer op webtuistes oor werk wat hul ontvang het.

 

Om die kort lesaanbiedding te sien, klik op die link/YOUTUBE video hieronder.

 

 

GROEPLEDE :

Chiné Venter 28887344
Carla Du Toit 28531655
Ben Augostine 28709454
Elbé van der Merwe 28484908